Sport

Ermelo se marathonatlete pak verskeie wedlope aan

In bloedige warm weer het die atlete dié unieke wedloop in die Krugerwildtuin aangedurf.

Die atlete van die Ermelo Marathonklub laat nie die kans verbygaan om aan verskeie marathons deel te neem nie.

John de Beer, Elsie Kloppers, Louis Kloppers en Mandy van der Merwe het onlangs dié klub se naam by die Skukuza-halfmarathon hoog gehou.

In bloedige warm weer het die atlete dié unieke wedloop in die Krugerwildtuin aangedurf.

Sowat twee uur voor die wedloop begin het, het ‘n groep veldwagters, wie se taak dit is om die veiligheid van die atlete te verseker, met voertuie en te voet die roete aangepak om enige grootwild wat die wedloop sou kon ontwrig, te verjaag.

Hoewel die roete uitdagend was, het die atlete die wedloop geniet.

Lionel Putter, Anneline Weweje, Nico Weweje en Andries Koekemoer het die Evander-halfmarathon op 7 Augustus aangepak.

Lionel en Anneline het die 10 km voltooi, en Nico en Andries die 21,1 km.

Elize Botha het die klub tydens die marathon in Middelburg verteenwoordig.

Sy het die 21,1 km-roete in ‘n tyd van 02:16:00 voltooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button