Sport

Rietboktak-skuts geniet dag op skietbaan

Andrew Bekker is aangewys as die algehele manswenner en Izél Beylefeld die vroue-wenner.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se Rietboktak het op 13 Augustus sy maandelikse skietdag aangebied.

Die kompetisie het by die Vlakfonteinskiet-baan op die Chrissiesmeer-pad plaasgevind.

Altesaam 34 skuts het die dag bygewoon.

Andrew Bekker is aangewys as die algehele manswenner, Roger Barnett was tweede en Morné Barnett derde.

GALLERY – Ermelo skuts skiet raak by Vlakfonteinskietbaan

In die vroueafdeling was Izél Beylefeld die wenner, Laetitia van Rooyen was tweede en Michelle Daneel derde.

Janko Rautenbach het die juniorafdeling gewen.

In die handwapenafdeling is Willem van der Wath as die veteraanwenner aangewys, gevolg deur Steve Rautenbach en Ben Oelofse.

Die bestuur het elke skut wat die dag bygewoon het vir die goeie gees waarin daar deelgeneem is, bedank.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button