Sport

Ermelo se Sias Jacobs ken nie van opgee nie

Sias Jacobs is onlangs tydens die 2022 AVS Bokkieweek vir die Suid-Afrikaanse Rugbybokkiespan verkies.

ERMELO – Sias Jacobs, ’n gr. 12-leerder van Ligbron Akademie vir Tegnologie, is onlangs tydens die 2022 AVS Bokkieweek vir die Suid-Afrikaanse Rugbybokkiespan verkies.

Hy het ook tydens die week ’n beurs om by die Internasionale Rugbyinstituut in Pretoria te gaan leer en speel, gewen.

Volgens sy ma, Charlene, het hy van kleins af ’n groot liefde vir sport gehad.

Hy het sy laerskoolloopbaan by Ermelo Laerskool afgeskop, waarna hy in gr. 4 na Laerskool JJ van der Merwe geskuif is.

“Vandat hy skool begin het, het hy altyd vir die groter rugby- en krieketspanne gespeel, en het hy ook in die jaar toe hy 10 geword het, in gewigstoot begin presteer,” het sy ma gesê.

In 2015 is Sias vir die Mpumalanga-krieketspan verkies, en die jaar daarna het hy die Titans A-krieketspan gehaal.

Na afloop van die toernooi in die Kaap, was Sias derde op die lys van die top kolwers in die land. In dieselfde jaar het hy gedurende die Suid-Afrikaanse Atletiekbyeekoms in gewigstoot en skyfwerp uitgeblink.

Sias is in 2016 as die sportseun van die jaar by Laerskool JJ van der Merwe aangewys.

Kort nadat hy by Ligbron Akademie vir Tegnologie aangesluit het, het hy elke kans aangegryp om aan alle sportsoorte moontlik deel te neem.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button