PC Racing-seuns ry laat die stof staan
Die seuns van PC Racing het gewys wat in hul steek tydens die National Enduro Casterbridge.
Die seuns van PC Racing het op 3 September aan die National Enduro Casterbridge buite Witrivier deelgeneem.
Volgens van die motorfietsryers was dit al vroeg baie warm en moes hulle die bloedige hitte trotseer.
Stiaan van den Heever het ’n tweede plek in die Pro Mini-klas ingepalm.

Die seuns in dié klas moes twee rondes van 35 km elk voltooi. Stiaan het die rondes ’n tyd van 03:06.52 voltooi.
WP Human en Trompie van den Heever het in die Weekend Warrior-klas gery. Hulle het ook die rooi en groen rondes van 35 km gery, gevolg deur vier pienk rondes van 10 km elk.

WP het derde met ‘n tyd van 03:32:05 geëindig, terwyl Trompie ’n agtste plek met ’n tyd van 03:48:56 behaal het.
Daar is nog net twee wedrenne vir 2022 oor, en die seuns sal weer op 1 Oktober in Malalane en 3 Desember in Loskopdam deelneem.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



