Sport

Skuts laat die skote klap tydens Vlakfonteinskietdag

Dihan Steenkamp het die hoogte punte in die .22-afdeling behaal.

Skuts van die Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging het op 10 September hul gewere gelaai en by die Vlakfonteinskietbaan gaan meegeding.

In die .22-kleindierafdeling het Roelf Botha eerste in die veteraangroep geëindig, gevolg deur Ben Oelofse en Steve Rautenbach.

WJ Swart het die senior mansafdeling gewen, gevolg deur Jaco Swart en Willem de Klerk, terwyl Felicia Koch as die vrouewenner aangewys is met Izél Beylefeld tweede en Jean Marie de Klerk derde.

In die junior seunsafdeling het Dihan Steenkamp geseëvier, met Miquel Borges tweede.

Steenkamp het ook die hoogte punte in die .22-afdeling behaal.

Die bestuur het elke skut wat die kompetisie bygewoon het, vir die goeie gees waarin daar deelgeneem is, bedank.

Die vereniging se volgende skietdag sal op 8 Oktober weer by Vlakfonteinskietbaan plaasvind.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button