Ermelo Rolbalklubspelers gekies vir Mpumalanga-span
Spelers van Ermelo Rolbalklub is gekies vir verskeie Mpumalanga-rolbalspanne.
Ses spelers van Ermelo die Rolbalklub is onlangs vir verskeie Mpumalanga-spanne gekies.
Riaan Harris is vir die mans ope A-span en Vaino Prinsloo vir die mans ope B-span gekies.
In die vroue ope A-span het Louanne Moller en Gwynneth Walters-Gerout die span gemaak, terwyl Alta Schneider en Gerda Swanepoel vir die veteraanvrouespan gekies is.
Elize Gray is as die reserwe vir die vroue opespan gekies.

Volgens Ermelo Rolbalklub moet die reserwes vir die manspanne nog aangewys word.
“Die komitee en klublede is baie trots op die spelers en wens hulle sterkte toe met die opkomende rolbalkompetisies,” het Ermelo Rolbalklub se president, Gerda Swanepoel, gesê.

Vir enige navrae of om by die klub aan te sluit, skakel haar by
082 805 2255.



