Sport

Ermelo-vroue spook sake uit op rolbalbaan

Die vroue van die Ermelo Rolbalklub het op 17 en 18 September mekaar die stryd aangesê om die vroue-enkelklubkampioen te kroon.

Die vroue van die Ermelo Rolbalklub het op 17 en 18 September mekaar die stryd aangesê om die vroue-enkelklubkampioen te kroon.

Volgens een van die spelers, Ronnie van Wyk, was die wedstryde van hoogstaande gehalte met strawwe kompetisie, aangesien verskeie vroue tans in die Mpumalanga-spanne is.

Na twee dae se spel het Gwyn Walters-Gerout en Gerda Swanepoel sake in die eindstryd uitgespook.

Walters-Gerout het Swanepoel geklop en is as die vroue-enkelklubkampioen gekroon.

Swanepoel het die tweede plek ingeneem, met Anneke Combrinck derde en Marie Walters-Gerout was vierde.

“Die wedstryde was in ‘n goeie gees gespeel en die komitee wil almal

bedank wat gehelp het met die dag se verrigtinge,” het die klub se president, Gerda Swanepoel, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button