Vrywilligers moedig Ermeloërs aan om deel te neem aan parkrun
Altesame 47 mense het die parkrun voltooi, van wie ses drawwers vir die eerste keer by Kralinbergh deelgeneem het en vyf mense hul persoonlike beste tye aangeteken het.
Peet Marx het eerste geëindig gedurende die weeklikse Kralingbergh-parkrun die afgelope naweek.
Hy kon binne 26:32 die 5 km-roete voltooi.
Wilma Snyman was die eerste vrou oor die eindstreep en het algeheel tweede in ‘n tyd van 26:47 klaargemaak.
Andile Nkosi het in slegs haar tweede parkrun by Kralingbergh met ’n persoonlike beste tyd van 28:29 derde geëindig.
Flip Venter, ook deel van die 50-mylpaalklub, was vierde met ’n tyd van 31:14.
Altesame 47 mense het die parkrun voltooi, van wie ses drawwers vir die eerste keer by Kralinbergh deelgeneem het en vyf mense hul persoonlike beste tye aangeteken het.
Mariaan Alberts, Theodor Boshoff, Sumari Botma, Alida de Jager, Lakesh Maharaj, Alta Roux, Teriesa Serfontein en Hannelie Slabbert is die vrywilligers wat die week se parkrun moontlik gemaak het.
Hulle het die drawwers aangemoedig en verseker dat hulle op koers bly.
Die organiseerders van Ermelo se parkrun nooi alle inwoners om aan dié 5 km-roete deel te neem, wat gestap of gedraf kan word.
Die Kralinbergh-parkrun vind elke Saterdag plaas en is gratis.
Diegene wat nie die roete wil stap of draf nie, kan ook hulle name opgee om as vrywilligers tydens die parkrun te werk.
Deelnemers moet vooraf op die parkrun-webtuiste registreer om ‘n strepieskode te kry.



