Ermelo Phatboys potspelklub eindig derde in swartballiga
Na ’n tawwe stryd en kop-aan-kop-wedstryde, moes Ermelo die knie met ’n telling van 9-13 buig.

Ermelo Phatboys se swartbalspan het op 16 Oktober aan die liga by Da Vinci’s op Bethal deelgeneem.
Spanne vanaf eMalahleni, Hendrina, Mbombela en Ermelo het vir die titel meegeding.
Met strawwe kompetisie het Charles Wahlstrand, Neels Botha, Jaco Bezuidenhout, Veronica Wahlstrand en Damion Bezuidenhout Phatboys se naam hoog gehou.
In die kwarteindronde het Ermelo se span teen Club 31 van eMalahleni te staan gekom, en die span 13-1 geklop.
Gedurende die halfeindronde het Phatboys teen Oom Thys se Span van Mbombela kragte gemeet.
Na ’n tawwe stryd en kop-aan-kop-wedstryde, moes Ermelo die knie met ’n telling van 9-13 buig.
Phatboys het daarna in die bronsmedaljewedstryd weer Club 31 die stryd aangesê, en die wedstryd 13-6 gewen, wat hulle ’n derde plek verseker het.
Die Coalminers Klub van Hendrina het in die eindstryd teen Oom Thys se Span gespeel, en met ’n telling van 13-10 gewen.
Hulle is as die ligakampioene vir 2022 gekroon.