GALERY – Ermeloërs maak litte los by AGS Groeipunt se pretdraf
Die lidmate van AGS Groeipunt het vir heerlike koffie, kaaskoek en boereworsrolle gesorg. Die verversings was onder andere ook vir die deelnemers om ná die pretdraf hul kragte te herlaai.
Van Ermelo se inwoners het op 26 November hul drafskoene afgestof en gereed gemaak vir die AGS Groeipunt se 5 km-pretdraf.
Die geleentheid het om 08:00 afgeskop, en elke deelnemer was vuur en vlam om die wedloop aan te pak.
Goue, silwer en brons medaljes het op die tafels gewag vir die deelnemers wat die afstand voltooi het, terwyl van die bobaasbraaiers die vure beman het.
Die lidmate van AGS Groeipunt het vir heerlike koffie, kaaskoek en boereworsrolle gesorg. Die verversings was onder andere ook vir die deelnemers om ná die pretdraf hul kragte te herlaai.
Die gemeente het ‘n veiling aangebied wat kort na die wedloop afgeskop het. Op die lys van items was sitkamerstelle, selfone, kaste, fietse en vele meer.
Foto’s: © Wayne van der Walt