Sport

Rikus Lotriet eerste oor die wenstreep by Kralinbergh-parkrun

Zelda Keyser het haar staal gewys en is eerste in die vroueafdeling, maar ook algeheel derde.

Rikus Lotriet was op 8 April eerste tydens die 137ste Kralinbergh-parkrun.

Dit was sy eerste deelname hier. Hy eindig in ‘n tyd van 24:58.

‘n Bekende gesig by Kralinbergh, Johan Victor, was tweede met ‘n tyd van 28:10. Victor het altesaam 90 parkruns voltooi.

In die derde plek vir die mans en algeheel vierde was Flip Venter. Hy steek die eindstreep in 31:08 oor.

Zelda Keyser Foto | Wayne van der Walt

Zelda Keyser het haar staal gewys en is eerste in die vroueafdeling, maar ook algeheel derde.

Sy voltooi die parkrun in 29:39, sowat ‘n minuut of wat stadiger as haar persoonlike beste.

Lees die volledige berig in Hoƫvelder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button