Sport

Junior gholfspelers pronk tydens gholf-ope op Ermelo

Henco Coetzee was die junior superster van die naweek, met sy eerste wen wat hy op Volksrust behaal het.

Ermelo Gholfklub het op Sondag die Mpumalanga Junior Ope-gholfkampioenskap aangebied.

Die junior spelers het Saterdag by Volksrust Gholfklub deelgeneem.

Dit was die eerste keer dat die Mpumalanga Junior Ope in Volksrust aangebied is.

Henco Coetzee was die junior superster van die naweek, met sy eerste wen wat hy op Volksrust in
goeie weersomstandighede behaal het.

Hy het Sondag teruggekeer en ‘n dubbele oorwinning behaal toe hy die Ermelo Junior Ope met een hou gewen het, nadat hy ‘n voëltjie op die laaste putjie aangeteken het.

Banele Tapera was tweede in die Ermelo Junior Ope en Deané Jansen het die dogtersafdeling gewen.

GALERY – Ermelo Gholfklub bied Mpumalanga Junior Ope-gholfkampioenskap aan

Xian Meyer was die algehele nettowenner.

Die B-afdeling se uitslae:

• Christiano Leoni het die seunsafdeling gewen, met Regard le Roux wat na ‘n uittel tweede was.

• Cherise Stapelberg was die dogterswenner.

• Jean-Pierre du Plessis was die nettowenner.

• In die C-afdeling het Mosa Machaba gewen, met JP Burger tweede en Lethabo Maahlo derde.

Myne Watermeyer was die dogterswenner, met Chantay-Lee Visser tweede en Charissa Stapelberg derde.

Die wenners in die D-afdeling was De Villiers Dippenaar, Jamie Clifford en Charlize Clifford.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button