Sport
Ermelo-Rolbalspelers hou klub se naam hoog by Mpumalanga Wes Enkels-kampioenskap
Die vroue het ook aan die kampioenskap op 1 en 2 April deelgeneem, waar Elize Gray van Ermelo derde geëindig het.
Die mans van Ermelo Rolbalklub het op 15 en 16 April aan die Mpumalanga Wes Enkels-kampioenskap deelgeneem.
Drie spelers van Ermelo het onder die top vier spelers geëindig en sal op 20 en 21 Mei aan die Mpumalanga Enkels-kampioenskap by Middelburg Stadion meeding.
Riaan Harris het algeheel tweede geëindig, Vaino Prinsloo was derde en Kyle Griffiths vierde.

In die eerste plek was Lanie Nel van Standerton Rolbalklub.
Die vroue het ook aan die kampioenskap op 1 en 2 April deelgeneem, waar Elize Gray van Ermelo derde geëindig het.
Met die derde plek is sy ook deur na die Mpumalanga Enkels-kampioenskap.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



