Laerskool JJ se eerste span is Super 12-wenners
Zander Swart het vir JJ nog vyf punte aangeteken, en met 13-7 word JJ se seuns as die Super 12-kampioene gekroon.
Laerskool JJ van der Merwe se eerste rugbyspan het onlangs by Camp Discovery hul lywe op die spel geplaas om as Super 12-kampioene gekroon te word.
In die halfeindronde het JJ teen Tzaneen te staan gekom, en het volgens die afrigters, Pieter Lee en Marius Nel, met groot deursettingsvermoë as ‘n span saamgewerk om die wa deur die drif te trek.
Kort na die eerste helfte teen Tzaneen het JJ se teenstander die eerste drie vir die wedstyd aangeteken, maar kon hy dit nie verdoel nie.
Met die telling 0-5 teen JJ se seuns, het hulle hul koppe opgetel en aanhou baklei. Janco Minnaar het die eerste vyf punte vir JJ op die telbord gekry.
Michaél Ronquest het sy skopskoene aangetrek en dié drie vir sy span verdoel.
Trompie van den Heever het vir die span se tweede drie gesorg, wat ook deur Michaél verdoel is. Die seuns van Tzaneen het kort voor die einde van die eerste helfte ‘n drie teen JJ aangeteken, wat die halfeindtelling op 14-10 in JJ se guns gebring het.
In ‘n angswekkende tweede helfte druk Tzaneen eerste ‘n drie, wat nie verdoel word nie, en vat hulle die voortou in die wedstryd.
Tyron Coetzee van JJ het sy oog op die doellyn gehou en deur die verdediging van Tzaneen gebreek om JJ se derde drie aan te teken. Michaél laat nie sy span in die steek nie en verdoel die drie.
Lees die volledige wedstrydsverslag in vandeesweek se Hoëvelder.