Sport

Ermelo Gholfklub hou naggholf

Alhoewel dit ’n koue aand was, is die aand versier met sterre en liggies.

Die afgelope naweek het die Ermelo Gholfklub die gholfbaan tydens ’n naggholfgeleentheid in ’n sprookieswêreld omskep.

Die gholfbaan is omhul deur ’n oorvloed skitterende liggies en lampies wat by elke afslaanpunt geplaas was.

Een van die unieke kenmerke van hierdie geleentheid was die gebruik van LED-gholfballe. Elke speler het ’n verskillende kleur LED-gholfbal gebruik.

Die naggholf het spelers van alle vlakke bymekaar gebring en ’n atmosfeer van opwinding en geselligheid geskep.

Die maan en sterre het saamgewerk tydens die geleentheid.
Kay-Lee en Sion Delport. Foto | Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button