Sport

Ermelo Rugbyklub triomfeer oor Standerton Sables

Dit was Standerton se eerste nederlaag in die kompetisie.

In ‘n spogwedstryd teen die Standerton Sables het die Ermelo Rugbyklub ’n  oorwinning behaal met ‘n  telling van 29-24.

Die Ermelo Rugbyklub se aanvalsmasjien was ook in goeie vorm, met drieë gedruk deur Leon Du Preez, Rebaone Mokgalagadi en Willie De Jager.

Hierdeur is ’n totaal van 25 punte op die telbord aangeteken.

Nickey Jansen van Rensburg het ook bygedra deur twee drieë te verdoel.

Dewet Dirksen. Foto | Verskaf

Die wedstryd het op 3 Mei op die Standerton Sables se veld plaasgevind.

Dit was Standerton se eerste nederlaag in die kompetisie, en die Ermelo Rugbyklub is verheug oor die prestasie wat hulle behaal het

Die man van die wedstryd aan twee uitstaande spelers, Johan Pauley en Rebaone Mokgalagadi, toegeken vir hul vertoning op die veld.

Ermelo Rugbyklub wil ook Ermelo Haval bedank vir die man van die wedstryd hoedjies wat hulle geborg het.

Related Articles

Back to top button