Groot vangste tydens BASA-klubkompetisie
Groot vangste en sterk kompetisie het die dag by Heyshope Dam oorheers, waar Jaco Oosthuizen as algehele wenner weggestap het.
Die BASA klubkompetisie by Heyshope Dam het onlangs plaasgevind, met indrukwekkende vangste en strawwe kompetisie onder die deelnemers.
Jaco Oosthuizen het die algehele eerste plek behaal met ’n wengewig van 28.74 kg.
Pieter Mostert het tweede geëindig met ’n sak van 26.825 kg, terwyl Tiaan Koen derde plek behaal het met 16.64 kg.
In die junior afdeling het Marloche Barkhuizen as wenner uit die stryd getree met ’n sak van 2.375 kg.
Die grootste baber van die kompetisie is deur Shakir Mahomed gevang, met ’n gewig van 8.665 kg.
Mostert het ook die grootste kurper van die naweek gevang en is beloon met twee nuwe 10-voet visstokke.
Daar was ook verskeie gelukkige treking wenners wat pryse ontvang het.
BASA het hul dank uitgespreek teenoor die borge wat die pryse moontlik gemaak het.
Na afloop van die kompetisie lyk die top 10 soos volg:
1. Jaco Oosthuizen – 146 punte
2. Shereen Koen – 137
3. Shakir Mahomed – 126
4. Francois Barnard – 125
5. Gert Viviers – 123
6. Marthinus Joubert – 118
7. Petrus Joubert – 109
8. Damon Ross-Allen – 108
9. Henk Wiid – 107
10. Johan Dekker – 107.
Indien enigiemand by die klub wil aansluit, kan hulle die klubvoorsitter, Jaco Oosthuizen, by 082 336 6937 skakel, of op Basa se Facebook-blad gaan kyk vir datums en meer inligting oor komende kompetisies.



