School sportSport

Kennies deel groot slae uit in die Goue Leeus Super Liga

Laerskool Kenmare se jong rugbyspelers sluit die liga af met 35 oorwinnings in 42 wedstryde.

Aan die einde van Laerskool Kenmare se Goue Leeus Super Liga-fase kan die skool met trots terugkyk op hul prestasies.

Uit die 42 wedstryde waaraan die Kennies deelgeneem het, het hulle ‘n indrukwekkende 35 gewen en net ses verloor. Een was gelykop.

André Koen spook om die bal in die hande te kry. Foto: Jorina Raath.

Tien spanne het aan die liga deelgeneem, en die o.9A’s, o.10B’s, o.11A’s, o.11B’s en die derdespan het onoorwonne uit die stryd getree. Kennies se o.10A’s en tweedespan het ook hul afdelings van die liga gewen, met die o.9B’s, vierdespan en eerstespan wat weggestap het met tweede plekke.

Slegs die A-spanne sal aan die kwarteindwedstryde deelneem wat by Hoërskool Florida gaan plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button