School sportSport

Reuse in ‘n stryd om die Virseker Beker te verseker

Tien groot wedstryde tussen die rugbyreuse, Noordheuwel en Monument, het duisende toeskouers gelok. Talle televisiekameras het ook gesorg dat ondersteuners reg oor die land die hoofwedstryd kon sien.

Skolerugby is groter as ooit tevore, en tussen die groot name staan Hoërskool Noordheuwel en Monument met trots. Vir die laaste handjievol jare het die versekeringsmaatskappy, Virseker, sy volle gewig agter die Virseker Beker gesit en op Saterdag, 1 Junie het die twee Wes-Randse reuse mekaar aangevat. Dit was die eerste keer in 15 jaar dat Noordheuwel en Monument in hierdie toernooi teen mekaar te staan gekom het.

Walden van den Berg ontduik twee Norie-verdedigers. Foto: Jaco Human.

Sowat 6 000 ondersteuners het in die loop van die dag om die Noordheuwel-rugbyvelde gestaan om hul gunstelingspanne uit volle bors te ondersteun.

Die byeenkoms is op televisie- en ander kameras vasgelê en is op sosiale media geplaas. Van die o.14’s tot by die eerstespanne het op die veld gedraf om hul onderskeie skole se eer te verdedig.

Herchelle Goodman sit alles in hierdie toernooi in. Foto: Jaco Human.

Aan die einde van die dag was die tellings as volg:

o.14A: 31–12 in Monnas se guns

o.14B: 71–0 in Monnas se guns

o.15A: 14–9 in Monnas se guns

o.15B: 22–12 in Nories se guns

o.16A: 36–21 in Nories se guns

o.16B: 28–12 in Monnas se guns

Vierdes: 25–5 in Monnas se guns

Derdes: 73–0 in Monnas se guns

Tweedes: 28–3 in Monnas se guns

Eerstes: 43–27 in Monnas se guns

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button