School sportSport
Shaylee haal die provinsiale tennisspan
Na 'n indrukwekkende klompie rondtes by die D2-tennisuitdunne verdien dié Laerskool Krugersdorp-Noord-leerder haar plek in die provinsiale span.
Shaylee Cordier het op Saterdag, 25 Mei vir Krugersdorp en die hele Laerskool Krugersdorp-Noord trots gemaak toe sy aan die 2019 Winter Games in Groenkloof, Pretoria, deelgeneem het. Sy het die Gauteng-Wes Distrik (D2) verteenwoordig in tennis.
Shaylee het drie van haar vyf wedstryde gewen, elkeen met ‘n telling van 4–1. Die ander twee wedstryde het sy verloor met ‘n telling van onderskeidelik 4–1 en ‘n naelskraapse 4–3. Shaylee se goeie vertoning het vir haar ‘n plek in die Gautengse o.13-dogterstennisspan verseker wat met spanne van ander provinsie gaan meeding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
