School sportSport

Schalk op pad Wêreldkampioenskappe toe

Schalk Ettinger het onlangs tweede geëindig by 'n golftoernooi aan die KwaZulu-Natalse Suidkus.

Schalk van Ettinger van Laerskool Muldersdrif het van 27 tot 29 Augustus sy staal in KwaZulu-Natal gewys.

Schalk het aan die Junior Africa Golf Challenge by die San Lameer-gholfbaan aan die KZN Suidkus deelgeneem. Na drie rondtes, of te wel 54 putjies, het hy in die tweede plek geëindig.

Hierdie prestasie het hom ook ‘n plek in volgende jaar se Junior Wêreld-kampioenskappe in San Diego, Amerika verseker.

“Ons as Mullies is verskriklik trots op Schalk se puik prestasie en wens hom net voorspoed toe. Ons staan bankvas agter hom,” het Wessel Lotter, die skool se sportorganiseerder gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button