Local newsNews

Songs of praise gaan Laeveld weer in Augustus verlig

Een van die grootste lofsanggeleenthede kom binnekort weer na die dorp.

MBOMBELA – Songs of Praise is 18 jaar gelede vir die heel eerste keer hier deur die Hervormde Kerk aangebied.

Vanjaar vind dit om 15:00 op 26 Augustus in die Nederduitsch Hervormde Kerk in Belladonnastraat plaas.”Dit is ‘n geleentheid vir die gemeenskap. Alle kerkverbande kom kuier daardie dag saam en loof en prys die Heer met musiek,” sê Tilana de Wet van die gemeente.

Vanjaar is die alombekende dirigent Richard Cock, wat in 2014 die lewenslange bydraetoekenning van Arts and Culture Trust gewen het, weer aan die stuur van sake en hy word ondersteun deur orrelis Tobias Kruger.

LEES OOK: A holy, joyful sound at Songs of Praise

Kore wat die geleentheid gaan meemaak sluit in die plaaslike Laudate Koor wat eersdags aan die wêreldkoorspele deelneem, sowel as die NWU-koor (Puk-koor) onderleiding van Kobus Venter en die bekende Lydenburgse Hoërskoolkoor onder leiding van Suzaan Bronkhorst.Braam van Tonder en die Laeveldse gemeenskapsorkes is ook deel van vanjaar se program.

“Dit sal wonderlik wees as daar iemand is wat ‘n donasie kan maak, aangesien die hele dag van donasies afhanklik is,” sê De Wet. Merk solank hierdie datum op jou kalender en bespreek jou kaartjie vroegtydig. Vir enige navrae skakel die kerkkantoor by 082-926-1189.

LEES OOK: Lowveld resounds with praise

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button