Wildevy familie dag was ‘n groot sukses
BURGERSFORT – Die jaar se gewilde 4×4 Wildevy gesinsdag het vir baie pret vir die hele gesin gesorg. Terwyl die mans die uitdagende bane aangedurf het kon die vroue die stalletjies geniet en die kinders het die kinder speelpark gate uit geniet. Die dag word jaarliks deur ‘n groep manne van die omgewing beplan as deel van …
BURGERSFORT – Die jaar se gewilde 4×4 Wildevy gesinsdag het vir baie pret vir die hele gesin gesorg. Terwyl die mans die uitdagende bane aangedurf het kon die vroue die stalletjies geniet en die kinders het die kinder speelpark gate uit geniet.
Die dag word jaarliks deur ‘n groep manne van die omgewing beplan as deel van die Wildevy manne. Hul is ‘n nie winsgewende organsasie wat daargestel om fondse vir minderbevoorregtes in die gemeenskap in te samel.
Die dag het altyd ‘n heerlike feestelike atmosfeer met verskeie stalletjies wat tuisgemaakte kos en verversings bedien
. Vir die mense wat nie deelgeneem het aan die uitdagings nie, was daar ‘n trekker en sleepwa wat hulle tussen punte vervoer het beskikbaar om sodoende niks van die aksie mis te loop nie. Hierdie was ‘n gratis diens aan die publiek.
Vlieëniers het van sovêr as Nelspruit ingevlieg om die dag uit die lig te kom beskou en die Waterval Flyers club het met hul model vlieguiens die dag saam geniet.
Helikopterritte is ook beskikbaar gemaak om sodoende die gemeenskap ‘n geleentheid te gee om ook die natuur skoon van die vallei uit die lig te kon beskou.
Daar was vanjaar een vroue span genaamd Pink Power wat die baan aangedurf het. Ellie van der Linde was die drywer en die vroue het hulself baie geniet.
Intussen het hul ook vir die mans gewys dat vroue self ook sulke bane kan aandurf en voltooi. Susan Pretorius, een van die span lede vertel dat hul baie goed teen die mans gevaar het. “Dit het baie guts gekos. By die blintdoek punt het ons 90 uit 100 punte gekry. Ons het wel ook ‘n wiel in tussen verloor maar dit het ons nie gestop nie,“ vertel Susan.
Hul het ook nie die maklike uitweg gekies nie en eerder die man uitgang as die muis uitgang gevat. So het die vroue gewys dat aanhouers wen.
Vrydag aand is ‘n afskop konsert by Buffelsvlei gaste plaas gehou waar Henri Alant en Handrè Visagie die mense met Rock and Roll, Country, Pop, Afrikaans and folk musiek vermaak het.
Die fondse is ook aan die Wildevy manne geskenk en beide Henri en Handre het vir liefdadigheid opgetree.
Die jaarlikse potjiekos kompetisie het weereens vir baie pret gesorg. In die katagorie is Samancor ECM as die algehele wenner, beste potjie, beste spangees en beste tema aangekondig.
Protea Coin Security het die lekkerste potjie gehad en die “Vatikaki potjie” titel is deur Johansons Crane Hire losgeslaan.










































