Mining Matters 2026
Limpopo women tee off against GBV
Two local women hosted one of the most successful golf days held this year at Lydenburg Golf Club.

The Women in Mining Limpopo Golf Day on Friday, not only brought together sports enthusiasts but also conveyed a powerful message of hope and support for victims of gender-based violence.
Various mines and businesses in the area also took part in the event.
The day’s success was largely due to the dedication and hard work of Bronwyn Goosen and Mariska Balton. Their vision of using sport as a platform to support an important social cause was impressively realised.
Players, sponsors and supporters turned up in large numbers. Beyond the competitive golf, the event was marked by a spirit of togetherness, caring and a shared purpose to make a difference in the lives of vulnerable people.

The day was the first of its kind with an extraordinary attendance at the club. Goosen and Balton expressed their sincere gratitude to every player, sponsor, volunteer and supporter who contributed to its success.

The golf day not only produced winners on the course but also demonstrated that a community, when working together, can make a meaningful difference.
Kollig steeds op onwettige mynbedrywighede
Onwettige mynbou bly een van die grootste uitdagings vir myne in die Burgersfort- en Steelpoort-gebied.
Die misdaad, wat hoofsaaklik deur onwettige myners, beter bekend as zama-zamas, gepleeg word, is al dekades lank ’n brandpunt weens die hoë waarde van chroomerts en die omvang van die streek se mynbedryf.
Die myngordel in die Sekhukhune-distrik huisves van Suid-Afrika se rykste chroom- en platinumreserwes. Owerhede waarsku dat onwettige mynbou die ekonomie jaarliks miljoene rand kos en terselfdertyd georganiseerde misdaad, omgewingskade en geweldsmisdaad aanwakker.

Volgens die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke) se Jaarverslag vir 2024/25 is ’n groot deurbraak gemaak nadat ondersoekbeamptes onwettig ontginde chroom ter waarde van meer as R20 miljoen by ’n bergingsfasiliteit in Steelpoort opgespoor het. Ondersoeke het aan die lig gebring dat die chroom na bewering onwettig uit verskeie myne in die Sekhukhune-distrik ontgin is. Twee vermeende hoofrolspelers is later in Burgersfort in verband met die saak in hegtenis geneem.
Die SAPD sê onwettige mynbou is selde ’n afsonderlike misdaad. Ondersoeke toon gereeld skakels met die besit van ongelisensieerde vuurwapens, ongedokumenteerde immigrasie, diefstal van minerale, omgewingsmisdade, geldwassery en georganiseerde misdaadnetwerke.
Onlangse SAPD-operasies in Mpumalanga het tot verskeie arrestasies gelei, terwyl mynboutoerusting, vuurwapens en vermoedelik onwettig ontginde minerale beslag gelê is.
Ondanks dié suksesse erken owerhede dat die Burgersfort- en Steelpoort-korridor steeds swaar onder onwettige mynbou gebuk gaan. Volgens ’n SAPD-mediaverklaring het die mynbou-infrastruktuur wat kriminele sindikate probeer uitbuit, ontwikkel tot een van die provinsie se grootste bedreigings wat georganiseerde misdaad betref.





