Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyle

Boeredans was ‘n reuse sukses

BURGERSFORT – Plaas De Grooteboom het sy tradisionele swier Vrydagaand verruil vir ‘n meer jolige okkasie toe Waterval Laerskool die bekende Klipwerf Boere Orkes aangebied het. Diè boere-orkes is deur die skool bekend gestel om fondse met hul jaarlikse projek in te samel en kaartjies is teen R130 beskikbaar gestel. Me. Elize de Winnaar, een …

BURGERSFORT – Plaas De Grooteboom het sy tradisionele swier Vrydagaand verruil vir ‘n meer jolige okkasie toe Waterval Laerskool die bekende Klipwerf Boere Orkes aangebied het.

Diè boere-orkes is deur die skool bekend gestel om fondse met hul jaarlikse projek in te samel en kaartjies is teen R130 beskikbaar gestel.

Me. Elize de Winnaar, een van die organiseerders van die boeredans sê die aand was ‘n groot sukses en dat die skool defnetief ‘n wins gemaak het.

“Die mense het baie lekker gedans en die gees om die braaivleis vuur was goed,” vertel Elize.

Laerskool leerders het gratis toegang gekry en ‘n springkasteel is opgeslaan sodat die jong klomp ook hulself kon besig hou terwyl hul ouers hul litte op die dansvloer losgemaak het.

Die ingangsgelde het braaipakkies ingesluit en gaste kon ‘n vleisie braai en saam met pap, sous en ‘n stukkie potbrood geniet.

Die skool wil graag vir die Wildebeestkraal boerdery en die ander borge bedank, “Ons het nie ‘n sent vir die huur van die skuur betaal nie. Die boerdery het baie moeite gedoen. Ekstra deure is in die skuur gebou om toegang tot die skuur te vergemaklik. Hul het die area buite ook mooi skoongemaak vir die motors om te parkeer.”

Die boerdery het hul skuur wat gewoonlik met implemente volstaan, leeg en skoongemaak en ‘n verhoog is gebou. Mieliemeel is ook op die vloer gestrooi om dans te vergemaklik.

Die Laerskool voel dat die geleentheid ‘n groot sukses was en ontvang goeie terugvoer oor die aangeleentheid.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button