Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Olimpiese vlam brand vir kanker

LYDENBURG – Die jaarlikse CANSA Relay For Life wat deel vorm van die internasionale organisasie wat diegene wat kanker oorwin het en die gemeenskap wat vir hul omgee, verenig, het verlede naweek hul vlam van hoop ook in Lydenburg aangesteek. Tydens hierdie geleentheid word jonk en oud uitgenooi om deel te neem aan die stryd …

LYDENBURG – Die jaarlikse CANSA Relay For Life wat deel vorm van die internasionale organisasie wat diegene wat kanker oorwin het en die gemeenskap wat vir hul omgee, verenig, het verlede naweek hul vlam van hoop ook in Lydenburg aangesteek.

Tydens hierdie geleentheid word jonk en oud uitgenooi om deel te neem aan die stryd teen kanker en hulde te bring aan dié wat die stryd verloor het.

Dit word gesien as ‘n geleentheid vir kanker-oorwinnaars en hulle geliefdes om saam teen die siekte te baklei. Op Lydenburg Hoërskool se rugbyveld het dit soos ‘n see van sportsterre gelyk toe die Olimpiese tema deur stappers uitgebeeld is. Elke stalletjie moes een Olimpiese sport uitbeeld en ‘n kleur kies wat ‘n spesifieke tipe kanker voorstel. Met musiek van Greenroom en sang van Pieter Naude, Victory 5 en William J Visser, is die stappers aangemoedig en het die stalletjies vining verrys en almal was in ‘n ligte luim en opgewonde om die litte los te maak.

Toe die lirieke van “I will survive” deur James Hatting gesing is en die kanker-oorwinnaars die donkerte met brande vakkels verbreek, het die trane vrylik begin vloei en Gloria Gaynor se woorde “At first I was afraid, I was petrified” het opnuut nuwe betekenis gekry. Mens kon skielik verstaan hoekom hierdie lied so gepas is en waarom emosies losgetorring word wanneer Gaynor sê: “It took all the strength I had not to fall apart.

Kept trying hard to mend the pieces of my broken heart and I spent, oh, so many nights just feeling sorry for myself. I used to cry but now I hold my head up high”, en met dié woorde in die agtergrond en die treë wat een vir een op die baan begin val terwyl families by hul geliefde oorwinnaars ingehaak het, het die eerste woorde van die lied stadig begin verdof en plek gemaak vir ‘n vroliker stukkie waar luidkeels saamgesing is: “Oh, no, not I, I will survive. Oh, as long as I know how to love, I now I’ll stay alive. I’ve got all my life to live, I’ve got all my love to give and I’ll survive, I will survive, I will survive…”

Tydens die geleentheid was daar

12 spanne wat deelgeneem het en tot in die vroeë oggend ure minstens een lid per span op die veld gehad het. ‘n Prysuitdeling het gevolg en die verrigtinge is met gebed deur William J Visser afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button