Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyleLocal newsNews

Handgemaakte geskenke slaan die asem weg

As mens vir Mariki Janse van Rensburg en Lynette Hinton vra om die gorgeous handmade-gift fair op te som, is daar nie ‘n beter gepaste antwoord as “chicks dig it” nie.

LYDENBURG – As mens vir Mariki Janse van Rensburg en Lynette Hinton vra om die gorgeous handmade-gift fair op te som, is daar nie ‘n beter gepaste antwoord as “chicks dig it” nie.

Vir dié twee vriendinne wat al vir nege jaar saam hul olieverfskeppings uitstal, het dit tyd geword om iets nuuts na Lydenburg toe te bring waaroor mense vir lank nog sal praat. Hulle konsentreer hoofsaaklik daarop om handgemaakte kunswerke uit te stal en streef daarna om altyd die mark vars te hou.

Uitstallers kontak gewoonlik een van die twee dames waarna ‘n keuringsproses plaasvind om te verseker dat dieselfde kunswerke nie herhaal word nie sodat markgangers elke keer iets nuuts te wagte kan wees. “Is dit nie wonderlik wat in Lydenburg gebeur nie?” sê Melanie Prinsloo terwyl sy en haar vriendin Rika Niewenhuizen, in die teetuin sit en kuier. Dit was die derde keer wat die mark plaasgevind het en die dames kan uitsien na nog ‘n mark vroeg volgende jaar.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button