Mr & Ms Lowveld – a glansryke geleentheid
Laevelder was daar toe ons streek se mooistes die gehoor betower het. Was jy by Mr & Ms Lowveld?
MBOMBELA – ‘n Wêreldklas skoonheidskompetisie het 138 van die Laeveld se mooistes die geleentheid gegee om hulle beste voetjie Saterdag in die Emnotweni Arena voor te sit. Mr en Miss Lowveldwas ‘n swierige geleentheid van meer as 10 ure waartydens ‘n verskeidenheid kunsvorme gaste vrmaak het. Modelle, dansers en sangers het weer bewys dat die Laeveld spog met ongelooflike talent.
Die skoonheidskompetisie het met ‘n vuurwarm vertoning deur Natascha C afgeskop. Lingerie modelle het by haar op die verhoog aangesluit op die maat van Rihanna se Diamonds. ‘n Eerste kykie na die modelle het gevolg in die swemklere ronde. Hierdie ronde was slegs oop vir deelnemers bo 13 en wasnie verpligtend vir alle deelnemers nie. Die modelle het hierna in modieuse drag van hul keuse geparadeer, waarna Glen Shoun en Dancemouse se sang en dansoptredes die gehoor voor pouse vermaak het.
Glansryke aanddrag was volgende aan die beurt. Modelle van 4 tot 40 was geklee in die spoggerigste aandrokke en het dit met trots gedra. Robin Jansma, een van die aanbieders, het die mans se voorkoms goed opgesom. “Die dissipline wat in die mans se voorkoms te siene is, is enige weermagsersant se droom – kyk net hoe netjies lyk die manne.” Mans en vroue het gestraal van selfvertroue soos hul een vir een die loopplank betree het. “Die glimlagte op die modelle vertel ‘n storie, almal glimlag van oor tot oor,” het Robin opgemerk.
Nog vertonings deur Streetboyz en Vasti het gevolg terwyl MUD grimering gratis grimeersessies aan deelnemers en toeskouers verskaf het.
‘n Vraag- en antwoordrondte het gevolg waarna die wenners in verskeie kategorieë aangekondig is.
Mr Lowveld 2015 – Tiago de Sousa
Miss Lowveld 2015 – Hailey Denham
Sir Lowveld 2015 – Stephan Stins
Mrs Lowveld 2015 –Melony Naidoo
Ms Lowveld 2015 – Yonelda Sihlobo
Mr Teen Lowveld 2015 – Jean Jean Lotter
Miss Teen Lowveld 2015 – Lee-Ann Ngoane
Mr Pre-Teen Lowveld 2015 – Kyle Saunders
Miss Pre-Teen Lowveld 2015 – Zane Kleynhans
Little Mr Lowveld 2015 – Stian Stins
Little Miss Lowveld 2015 – Karla Botha
Supermodel Male – Jean Lotter
Supermodel Female – Pisca Mokoena
















































