Skool hou gholfdag om fondse in te samel
Die algehele wenners van die gholfdag was Anton Alberts en Thinus Labuschagne, maar elke speler het ‘n geskenk vir sy deelname ontvang
STEELPOORT – Steelpoort Akademie en die Wildevymanne het verlede Saterdag ‘n gholfdag by Tubatse Chrome-klub gehou om fondse vir die skool in te samel.
“Die geld wat ingesamel is, sal vir verskeie dinge by die skool gebruik word, insluitend die betaling van skoolfondse vir minderbevoorregte leerlinge en die algehele verbetering van die skool,” vertel Arlene Malan, administratiewe beampte by Steelpoort Akademie.
Die algehele wenners van die gholfdag was Anton Alberts en Thinus Labuschagne, maar elke speler het ‘n geskenk vir sy deelname ontvang. “Ons het ‘n redelike bedrag ingesamel en wil net vir elke persoon wat ‘n bydrae gemaak het, bedank,” voeg Malan by.
