GalleriesLocal newsLocal sportNewsSportSports galleries

Flink hengelaars wen met marlyne

Die kompetisie was straf en die seetoestande baie rof, maar volgens Gerhard het die span met goeie samewerking en kennis die wisseltrofe vir "Bullfish" tydens die kompetisie ingepalm

‘n Plaaslike diepseehengelspan van die dorp het van 8 tot 12 Junie aan die Guinjata Bonanza-hengelkompetisie in Mosambiek deelgeneem.

Die bemanningslede van die boot, “Tsunami”, Gerhard Rossouw, Robin Graaff en Calla du Toit het besonder goed gevaar en tydens die week nie minder nie as ses marlyne gehaak, waarvan hulle twee gemerk en vrygelaat het.

Gerhard, ook die kaptein van die boot, is ‘n gedugte en ervare diepseehengelaar. Die afgelope jaar het hy ‘n allemintige 11 marlyne, benewens die ses van dié kompetisie, gevang, gemerk en vrygelaat.

Die kompetisie was straf en die seetoestande baie rof, maar volgens Gerhard het die span met goeie samewerking en kennis die wisseltrofe vir “Bullfish” tydens die kompetisie ingepalm. Hulle was ook die enigste span wat marlyn gevang het en het algeheel 16de uit 54 inskrywings geëindig.

Uit 400 hengelaars het Robin algeheel derde geëindig en Calla vyfde. Elkeen het weggestap met ‘n geskenkbewys van R20 000 van Pulsator, wat handgemaakte lokaas vervaardig.

Die Tsunami-span het reeds op die eerste dag van die kompetisie drie marlyne gevang waarvan twee gemerk is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button