Community galleriesEditor's choiceGalleriesLifestyleLocal newsNewsNews galleriesPeople

Juanita se goue stem gee geliefde inwoner opnuut hoop in sy stryd teen kanker

Douglas Vosloo (50), oudinwoner van die dorp, is vasbeslote om sy stryd teen kanker te oorwin met die hulp van talle fondsinsamelings wat reeds in plek is

LYDENBURG – Douglas Vosloo (50), oudinwoner van die dorp, is vasbeslote om sy stryd teen kanker te oorwin met die hulp van talle fondsinsamelings wat reeds in plek is. Een van hierdie is die optrede van Juanita du Plessis wat verlede Vrydagagaand by Lydenburg Hoërskool plaasgevind het. Talle inwoners het die geleentheid ondersteun, en oud en jonk het vrolik saamgesing terwyl Juanita haar bekende liedjies gesing het.

Douglas is in Februarie met kolonkanker gediagnoseer. As deel van sy chemoterapie moet hy Erbitux gebruik. Sy mediese fonds betaal egter nie vir die behandeling nie en die kostes daarvoor is ongeveer R200 000.

“Ek het nog drie behandelings oor wat my medies betaal waarvan my laaste een einde Oktober sal plaasvind. Tydens my skandering op 21 Julie is daar ontdek dat twee van die vier gewasse byna verdwyn het en die ander twee het reeds met 70 persent gekrimp. Ek is so dankbaar vir almal se ondersteuning en omgee. Die stryd is nog nie verby nie, maar saam sal ons hom veg,” vertel hy.

Die Vosloo-familie is baie dankbaar vir al die ondersteuning van die gemeenskap “Eerstens wil ons dankie sê aan ons Hemelse Vader waarsonder die funksie nie ‘n sukses sou wees nie en ook die volgende persone vir hul bydraes vir die fondsinsamelingsprojek: Jan en Petro Smith, Stephan by Du Toit-Smuts en Matthew Phosa Prokureurs, Gert Landsberg , Corjan Mulder, Marietta van Baalen, Elna Sutherland, Hoërskool Lydenburg, Cornell van Hoërskool Lydenburg, Laerskool Lydenburg, Barko, SPAR, Pick n Pay, FNB Kommersieel, Hano van der Merwe, Trevor Conn, Maritza van Hi-Q, Andrè Swanepoel van Gert en Andrè Elektries, Louise van The Sign Shop, Rolin Nel, Ronel-Mari Nel, Brett Swanevelder, Linda Burger, Lydenburg Spur, Coastal Hire, Jackey Theron, Santie Smith, Etli van der Merwe asook almal wat bereid was om te verseker dat die program by die vertoning vlot verloop het,” voeg Marinda Vosloo, Douglas se skoonsuster by.

As lesers graag ‘n bydrae tot Douglas se fondsinsameling wil maak, is die bankbesonderhede soos volg: Du Toit-Smuts @ Mathews Phosa, Absa-takkode: 632005, rekeningnommer: 4053085520 met verwysing: VOS69/0001. Navrae: Marinda Vosloo of Elna Sutherland by 084-587-3105.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button