EntertainmentGalleriesLifestyleLocal newsNews

Foto’s: Bokke, julle is ware ysters!

Kyk wie was Saterdag by die Absa Boktown by Emnotweni Arena.

MBOMBELA – Die Springbokke se eerste oorwinning in vanjaar se IRB Rugbywêreldbeker is deur kranige ondersteuners by die Absa Boktown by Emnotweni Arena, gevier.

Suid-Afrika het teen Samoa gespeel en die eindtelling was 46-6 vir die Groen en Goud.

Lees meer oor die eerste Absa Boktown hier.

Die atmosfeer was lig en vrolik terwyl die Bokke die land trots gemaak het.

Pryse in die vorm van shooters is selfs vir die tafels met die meeste gees uitgedeel en die hardebaard ondersteuners het elk ‘n balonhoed gedra.

Tussen-in die shooters en bier moes mense push-ups doen vir die weddenskappe wat hulle verloor het – selfs met die balonhoedjies op.

Behalwe vir al die sosiale aktiwiteite by Boktown, was die kyk van die spel ook plesierig en gemaklik.

Groot rusbanke is voor groot- skerms geplaas en dié wat nie vinnig genoeg was om ‘n plekkie op die banke te wen nie, kon die game van die tafels af geniet.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button