Community galleriesEditor's choiceGalleriesLifestyleLocal newsNewsNews galleriesPeople
Armand se liedjies sorg vir ‘n makietie
Gaste het verlede Vrydag heerlik makietie gehou tydens Armand Hofmeyr se optrede by die Plaashuis
BURGERSFORT – Gaste het verlede Vrydag heerlik makietie gehou tydens Armand Hofmeyr se optrede by die Plaashuis.
Die kaartjies by die deur was reeds vroeg uitverkoop en teen 21:00 was die kuier volstoom aan die gang met byna 70 gaste wat die optrede bygewoon het.
Armand het liedjies gesing waarvan oud en jonk gehou het. Hy het die gaste by sy optrede ingesluit en hulle na die verhoog genooi om saam te sing en dans. Hy het na die optrede ook gemoedelik saam met die gaste foto’s laat neem.












