Community galleriesEditor's choiceGalleriesLocal newsNewsSchools galleries

Burgies sorg al vroeg vir feesvieringe

Hierdie jaar het Laerskool Burgersfort weer seker gemaak hul leerlinge geniet die Kersfeesfeesvieringe voordat die harde werk vir die eksamen begin

BURGERSFORT – Hierdie jaar het Laerskool Burgersfort weer seker gemaak hul leerlinge geniet die Kersfeesfeesvieringe voordat die harde werk vir die eksamen begin. Besoekers het verlede Donderdag die pawiljoene vol gesit terwyl die kleingoed gewilde Kersliedjies opgevoer het. Heerlike worsbroodjies en koeldrank is verkoop om die honger te lus en elke graad het ‘n geleentheid gekry om aan die program deel te hê.

“Baie dankie aan die nuwe leiers en personeel wat hul kant gebring het om weereens die Kerssangdiens ‘n sukses te maak. Elke Burgie is nou hard aan die leer vir die eksamen wat voorlê,” vertel me. Anja van der Westhuizen ‘n personeellid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button