Community galleriesEditor's choiceGalleriesLifestyleLocal newsNewsNews galleriesPeople
Besoekers kom van heinde en verre vir Geelvarkoorfees
Besoekers het Saterdag van sover as Middelburg, Waterval Boven en selfs Belfast gereis om die Varkoorfees by Mapochs Mynklub by te woon
ROOSSENEKAL – Besoekers het Saterdag van sover as Middelburg, Waterval Boven en selfs Belfast gereis om die Geelvarkoorfees by Mapochs Mynklub by te woon. Daar was verskeie sportitems waaraan besoekers kon deelneem, Faan du Plessis se dansorkes het die vermaak verskaf met egte boeremusiek, vroue uit die gemeenskap het heerlike pannekoek en worsbroodjies verkoop en die biertuin het gesorg vir ‘n keelbederfie en ruskansie tussen al die opwinding deur.
Die fondse wat tydens die fees ingesamel is, sal geskenk word aan die Roossenekal Toerismevereniging wat vir die instandhouding van die afgekampte bewaringsarea van die geelvarkore aangewend sal word.






