Community galleriesEditor's choiceGalleriesLocal newsLocal sportNewsSportSports galleries

Verskeie items bied groot vermaak aan feesgangers

Die Geelvarkoorfees het Saterdag nie net heerlike kos, stalletjies en vermaak aangebied nie, maar verskeie sportitems soos jukskei, gholf en bergfietsrenne vir sportliefhebbers het ook plaasgevind

Die Geelvarkoorfees het Saterdag nie net heerlike kos, stalletjies en vermaak aangebied nie, maar verskeie sportitems soos jukskei, gholf en bergfietsrenne vir sportliefhebbers het ook plaasgevind. Slegs in die bergfietskompetisie is wenners aangewys terwyl die doel met die ander twee sportsoorte was om deelnemers te vermaak.


 

Wenners in die bergfietskompetisie vir die 15km wedren was:

Tiaan Venter (10) in die o/14 junior groep met ‘n eindtyd van 12 minute

Charl Strauss in die o/30 to -39-ouderdomsgroep met ‘n eindtyd van 1:35

Liezel Camley (14) in die o/10 tot -14 met ‘n eindtyd van 34 minute

Johan Sadler (42) in die 40 tot -49-ouderdomsgroep met ‘n eindtyd van 0:55

Bianca Booyens (16) in die 15 tot 16 jaar ouderdomsgroep met ‘n eindtyd van 1:09.


 

Wenners in die bergfietskompetisie vir die 30km wedren was:

Gerhard Gouws (57) in die 50+ kategorie met ‘n eindtyd van 1:39

HP Jansen in die 19 tot 29 ouderdomsgroep met ‘n eindtyd van 1:31

Johan Booysens in die 30 tot 39 ouderdomsgroep met ‘n eindtyd van 1:49

Rikus Booysens (13) in die o/14 groep met ‘n eindtyd van 1:34

Gerhard Smith (48) in die 40 tot 49 ouderdomsgroep met ‘n eindtyd van 1:36

Armandt Smith (15) in die o/16 groep met ‘n eindtyd van 1:31.


 

Wenners van die bergfietskompetisie vir die 50km wedren was:

Eugene Gouws (53) in die 50+ kategorie met ‘n eindtyd van 2:12

Rohan Beukes (25) in die 19 tot 29 ouderdomsgroep met ‘n eindtyd van 2:05

Frans Joubert in die 30 tot 39 ouderdomsgroep met ‘n eindtyd van 2:05

Jako Viljoen (41) in die 40 tot 49 ouderdomsgoep met ‘n eindtyd van 2:38

Keegan Clark (16) in die o/16 kategorie met ‘n eindtyd van 2:09.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button