Karateklub sluit jaar op hoë noot af
Die Triton Tiger Shotokan Dojo het verlede Saterdag hul graderingsplegtigheid by Blyderivier-oord gehou
Die Triton Tiger Shotokan Dojo het verlede Saterdag hul graderingsplegtigheid by Blyderivier-oord gehou, waar karatekas verskeie style en tegnieke moes toepas om hoër graderings te verwerf.
Na die gradering het almal heerlik by die swembad ontspan en gebraai. Sensei Jolanda Hietbrink vertel dat hulle baie trots is op al die klublede. Sy voeg by dat hulle weer in Januarie sal open en dat karateklasse in Burgersfort en Ohrigstad aangebied sal word. Navrae: Jolanda by 082-859-9681
Karate-uitslae:
• JJ van Niekerk verwerf sy bruin gordel
• Francois Pretorius, Ettiene Pretorius en Pierre Naudé verwerf almal hul groen gordels
• Jan-Hendrik Hietbrink en Jeandré Jacquet verwerf albei hul blou gordels
• Elandri Hietbrink, Ankia van Niekerk, Nico Hanekom en Frans Bester verwerf hulle oranje gordels.










