GalleriesSchool sportSchools galleriesSport

Laerskool Barberton se atlete stap weg met toekennings

Die Westend SUPERSPAR McDonalds Prestige Atletiekbyeenkoms was voorwaar van 'n hoë standaard.

Ses deelnemende skole het Saterdag by Laerskool Laeveld aan dié vriendskaplike byeenkoms deelgeneem.

Laerskole Barberton, Bergland, Clivia, Klipspringer Primary, Malelane en Laeveld se atlete kon tussen hulle daarin slaag om die dag 29 rekords te laat spat.

Ashaan Sebastian van Laeveld is as die senior victor ludorum aangewys. Hy was die ster van die byeenkoms: hy is as die beste baanatleet vir sy 200m-naelloop aangewys, as die beste veldatleet vir verspring én is met die trofee vir die beste prestasie van die dag huis toe.

Die senior victrix ludorum was Mahlobo Nqobile van Malelane. Mkhabela Rhandzu van Bergland is as die junior victor ludorum aangewys. Laeveld se Sumae Viljoen was die junior victrix ludorum.

Nog uitslae – beste presteerders in ouderdomsgroepe:
• o/13: Ashaan Sebastian (Laeveld) en Nqobile Mahlobo (Malelane)
• o/12: Marco Capazario (Laeveld) en Ané Janse van Rensburg (Laeveld)
• o/11: Janco Labuschagne (Barberton) en Hope Madonsela (Malelane)
• o/10: Henré Viljoen (Barberton) en Sazi Shongwe (Barberton)
• o/9: Nkosinathe Moyisela (Barberton) en Sumé Viljoen (Laeveld)
• o/8: Moagi Moletsane (Malelane) en Qhawekazi Mkhatswa (Malelane)
• o/7: Rhandzu Makabela (Bergland) en Iliné Botha (Laeveld).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bongani Mashisane

Bongani Mashisane is a journalist and digital content creator who began his career in 2005, working with African News Dimension, TimesLIVE and iNet Bridge.
Back to top button