GalleriesLocal newsNews

NHS matriekafskeid gee drome gestalte

Die mooiste rokke, deftigste pakke en blinkste motors het vir ‘n sprokiesaand gesorg.

MBOMBELA – Wanneer ‘n mens droom, word die grense van die alledaagse oorskry en gebeur buitengewone, ongelooflike dinge. Die skoonheid van die lewe omarm jou en herinneringe word geskep wat jy vir ewig sal koester.

Hoërskool Nelspruit se 2016 matriekafskeid hetdaarom dié jaar ‘n “droom”-tema gehad. Toe die eerste noot van die verwelko-mingsmusiek die aand inlei en die rooi tapyt by Emnotweni uitgerol word, het die droom begin gestalte kry.

Sjiek, blink motors het die paartjies by die venue afgelaai. Galante here het aantreklik gelyk in hulle aandpakke. Die een was meer trots as die ander om sy metgesel na die rooi tapyt toe te begelei.

Die dogters, oftewel jong vroue, het gestraal in pragtige skeppings. ‘n Foto-hoekie het die eregaste die geleentheid gebied om vir foto’s te poseer voor hulle al langs ‘n gang van goue, swart en wit ballonne na die saal toe beweeg het.

Die saal is met ‘n subtiele, bewegende, kollig-effek in ‘n virtuele droomwêreld omskep. Die tafels was keurig in wit en swart met silwerware gedek. Die gaste het weggelê aan ‘n voorgereg van geposjeerde forel met pereslaai en avokado. Hoofregereg was geroosterde fillet, gevulde hoenderdye en gebraaide aartappels en groente. Daarna kon die matrieks smul aan ‘n wafelnagereg met gegeurde roomys en sjokoladekrulle.

Laevelder het ‘n spesiale oomblik meegemaak toe die vierde en laaste van Magda en Johan Barnard se seuns, Janus sy skoolloopbaan as ‘n Nellie afsluit met Andri Smalberger aan sy sy. “Nou’s ons skoolloopbaan ook klaar,” het sy broer, Marais opgemerk terwyl moederhen rondgeskarrel het vir nóg ‘n foto – vir oulaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button