Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Bejaardes geniet ‘n kuiertjie

Malelane SUPERSPAR het ‘n spesiale Kerskoek - ‘n toring Ferrero Rocher - aan die groep geskenk.

MALALANE – Senior burgers en lede van die plaaslike Guardian Angels-tak het onlangs ‘n heerlike kuier tussen die natuurskoon en wilde perde van Kaapsehoop geniet.

Die liefdadigheidsorganisasie het hul jaarlikse Kerspartytjie vir senior burgers op 29 November by Silver Mist Country Inn aangebied.

Tesame die uitstappie, kuier en heerlike kos is daar Kerspakkies aan die seniors uitgedeel, met kruideniersware wat deur Laerskool Malelane en Riverview Prep School ingesamel is.

Die organisasie het hierdie jaar ook ‘n baie spesiale resepteboek van die gryskoppe se wenresepte, idees en wenke saamgestel, wat ook in hulle pakkies te vinde was.

Malelane SUPERSPAR het ‘n spesiale Kerskoek – ‘n toring Ferrero Rocher – aan die groep geskenk.

Dit is die Guardian Angels se laaste byeenkoms saam met die senior burgers vir die jaar, maar hulle stop geensins hul bedrywighede en betrokkenheid by die lede nie.

Die vrywilligers sal oor die vakansietyd steeds by die seniors gaan besoek aflê of hulle met enige behoeftes wat hulle dalk mag hê help.

Dié engele vergader elke eerste Maandag van die maand om 14:00 by die NG Kerk Malelane en byeenkomste saam met die seniors sal weer in Januarie hervat.

Die organisasie is altyd op soek na nog lede sodat hulle selfs meer senior burgers kan help en gemeenskapslede wat dit geniet om met seniors te werk is welkom om aan te sluit.

Navrae: Alta Robberts by 082-493-4261.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button