GalleriesLocal newsNews

Rob Ferreira se matrikulante blink uit

Hoërskool Rob Ferreira het uitstekende resultate gelewer onder hul matrikulante vir 2016, en spog met 'n provinsiale toppresteerder.

WITRIVIER – Hoërskool Rob Ferreira het die Laeveld trots gemaak hierdie jaar. Nomaan Mulla is eerste in Suid-Afrika met sy 100% vir wetenskap. Vir sy kombinasie van wiskunde en wetenskap, eindig hy derde in die land. Hierdie leerling het ook 100% in rekeningkunde gekry en ‘n puik 99% in wiskunde. Nomaan is ook Mpumalanga se ster vir 2016, met ‘n gemiddeld van 92,3%.

Arno Smith eindig met sy 91,6 %-gemiddeld 16de in die provinsie.
Rob spog met ‘n 99,2% -slaag-syfer, 130 uit 131 matrieks slaag, en spog met 83 A-simbole.

Toppresteerders vir die skool:
• Arno Smith – sewe onderskeidings
• Nomaan Mulla – ses onderskeidings
• Hardus Smal – ses onderskeidings
• Leigh Douglas – vyf onderskeidings
• Seany Dorfling – vyf onderskeidings.

Een leerling verwerf vier onderskeidings en sewe leerlinge drie. Vyf leerlinge ontvang elk twee onderskeidings en 19 leerlinge spog met een onderskeiding.
Hoërskool Rob Ferreira het ‘n Universiteitsvrystelling-syfer van 66%.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button