Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Dorp se topsjefs wil jou leer hóé

Tydens dié praktiese kuiersessie sal deelnemers leer hoe om 'n ligte middagete met forel voor te sit.Die spyskaart sluit in: tuisgemaakte mayonnaise, 'n interessante forel-voorgereg vir 'n braai, forelpatee en 'n smaaklike forelterrien

LYDENBURG – Steelburger/Lydenburg Nuus se gewilde Saucy Chefs is terug! Op Donderdag 30 Maart, van 10:00 tot 13:00, span Saucy Chef, Brian Whitehorn, Café Crust en Lunsklip Fisheries saam om plaaslike kokke en kosliefhebbers touwys te maak oor een van Lydenburg se uitvoerprodukte: forel.Tydens dié praktiese kuiersessie sal deelnemers leer hoe om ‘n ligte middagete met forel voor te sit.Die spyskaart sluit in: tuisgemaakte mayonnaise, ‘n interessante forel-voorgereg vir ‘n braai, forelpatee en ‘n smaaklike forelterrien.Omdat ‘n mens nie van vis alleen kan lewe nie, sal deelnemers ook leer hoe om tuisgemaakte Italiaanse sjokoladetruffels te maak as afsluiting, saam met goeie koffie.Die kursus kos R250 per persoon en sluit resepte en ‘n wynproe van die Noble Savage-landgoed in. Getalle word beperk – bespreek vooraf by Café Crust op 013-235-3344 of cafecrust1@gmail.com.Met elke kursus is daar ‘n trekking waar een Steelburger/Lydenburg Nuus-leser die volgende kursus gratis sal kan bywoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button