Community galleriesGalleriesLocal newsNews

AfriForum spreek die stryd teen misdaad aan

LYDENBURG – AfriForum het aan die begin van Maart ‘n buurtwag in Lydenburg gestig. Dít volg na verskeie gemeenskapslede die behoefte uitgespreek het dat so ‘n buurtwag gestig moet word om die toenemende aantal misdade op die dorp met ‘n gemeenskaplike front hok te slaan. Die buurtwagbestuur bestaan uit Erich Venter (buurtwagvoorsitter), Andrew Burger (operasionele …

LYDENBURG – AfriForum het aan die begin van Maart ‘n buurtwag in Lydenburg gestig.

Dít volg na verskeie gemeenskapslede die behoefte uitgespreek het dat so ‘n buurtwag gestig moet word om die toenemende aantal misdade op die dorp met ‘n gemeenskaplike front hok te slaan.

Die buurtwagbestuur bestaan uit Erich Venter (buurtwagvoorsitter), Andrew Burger (operasionele voorsitter) en Lizette le Roux (sekretaris), en vorm deel van die groter AfriForum-takbestuur in Lydenburg wat deur die takvoorsitter, Erich Venter gelei word.

“Ek glo dat die stigting van ‘n AfriForum-buurtwag ‘n keerpunt in die stryd teen misdaad in Lydenburg is. AfriForum-buurtwagte het ‘n reputasie van goeie dissipline en goeie samewerking met die SAPD. Die veiligheid van die gemeenskap is in goeie hande,” sê Venter.

Hoewel daar reeds verskeie veiligheidstrukture in die Lydenburg-omgewing is, word daar reeds tussen AfriForum en ander rolspelers gesprek gevoer om samewerking in die geveg teen geweldsmisdaad te bevorder.

Die gemeenskap kan by Lydenburg se AfriForum-buurtwag aansluit deur “Lydenburg” na 45350 te SMS (teen

R1 elk).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button