Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Moenie hierdie bekendstelling misloop nie

Die doel van die oggend is om met ondersteuningsgroepe vir traumalyers en hul families te begin en hulpmiddels in traumasituasies bekend te stel.

LYDENBURG – Die herstelpad ná trauma.

Dit is die tema van die gespreksoggend wat op Saterdag 24 Junie van 10:00 tot 13:00 in die NG Suid-kerksaal aangebied word – vir almal wat deur die dood of trauma geraak word. Die geleentheid is die bekendstelling van Gerda Whitehorn se boek RouVrugte, ‘n reisjoernaal van die rou-pad. Ds. Anton Doyer praat die oggend oor die waarde van narratiewe terapie en ds. Antoinette Wilson bekyk vyf noodsaaklike take vir die herstelpad. Martin’s Funerals sal praktiese wenke deel rondom reëling na iemand se dood. Die doel van die oggend is om met ondersteuningsgroepe vir traumalyers en hul families te begin en hulpmiddels in traumasituasies bekend te stel. Daar sal sop en brood wees en almal is welkom. Die oggend is gratis maar mense word gevra om te bespreek by 013-235-3864.

Daar sal ook ‘n donasie-boks wees vir ondersteuningsmateriaal aan traumalyers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button