Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Stem vir jou gunsteling besigheid

Dit is weer tyd om vir jou gunstelingbesigheid in Lydenburg te stem. Die Lydenburg/Mashishing Sakekamer hou jaarliks 'n kompetisie om die beste plaaslike sakeonderneming van die jaar te kies.

Dit is die vierde jaar wat dit gehou word en sowat 2 000 stemme word elke keer uitgebring.

Vanjaar is die kompetisie makliker as ooit.

Dink aan watter besigheid in die dorp die aangenaamste koopervaring of diens lewer.

Daar is vanjaar geen kategorieë nie. Lesers en die publiek kan vir enige besigheid, groot of klein stem. Almal het ‘n gelyke kans. Die stemlyne is reeds oop en inwoners het tot

25 Oktober om te stem.

Daar is ‘n gelukkige trekking vir almal wat gestem het om ‘n groot prys te wen.

Stem per SMS en stem vir slegs een besigheid per SMS. Stuur slegs die besigheid van jou keuse se naam na 33789. Koste is R1,50 per SMS.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button