Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Kersie brand om nuwe lewe te vier

LYDENBURG – Sy brand elke dag ‘n kersie om dankie te sê dat sy kanker oorwin het. So vertel Ria van der Merwe (78) ‘n kankeroorwinnaar. Rina se verhaal van dankbaarheid kom al van voor sy met die siekte gediagnoseer is. “Ek was vroeër jare in ‘n motorongeluk by die verkeerslig, op die hoek van …

LYDENBURG – Sy brand elke dag ‘n kersie om dankie te sê dat sy kanker oorwin het. So vertel Ria van der Merwe (78) ‘n kankeroorwinnaar. Rina se verhaal van dankbaarheid kom al van voor sy met die siekte gediagnoseer is.

“Ek was vroeër jare in ‘n motorongeluk by die verkeerslig, op die hoek van Viljoen- en Potgieterstraat, betrokke.

Ek het harsingskudding opgedoen. ‘n Ruk daarna het ek met my sig begin sukkel. My dogter het my na ‘n Nelspruit-spesialis toe geneem en daar is vasgestel dat ek bloeding op die brein opgedoen het.” Sy vertel dat sy daardie jare ‘n strawwe roker was wat tot

60 sigarette ‘n dag gerook het. “Ek onthou toe ek opgeneem was, voor toetse gedoen is, het ek nog ‘n sigaret buite gaan rook en vir die Here gevra om my asseblief te help.

“Ek het vir Hom gesê dat ek selfs in ‘n rolstoel kan opeindig, maar dat ek asseblief nie breinskade moet opdoen nie.”

“Meteens het ek ‘n helder stem met my hoor praat wat gevra het: ‘Wat gee jy my?’ – ek het belowe om nooit weer te rook nie. Daar het my indiepteverhouding met God begin.”

Toe sy twee-en-‘n-half-jaar gelede met dikdermkanker gediagnoseer is, was dit ‘n skok. “In die intensiewesorgeenheid van die Pretoria-Oos Hospitaal het twee swart susters vir my kom bid en gesê dat my lewe nog nie klaar is nie.

“En hier is ek vandag, na behandeling is ek kankervry. Ek leef met dankbaarheid, daarom brand ek elke dag kersies om my te herinner dat dié siekte oorwinbaar is en dat ek met God se genade my lewe kan voortsit. Gelukkig is die kanker in ‘n vroeë stadium opgespoor.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button