Klassieke orreluitvoering wag op Lydenburgers
Die NG Moedergemeente in Kantoorstraat se orrel is vanjaar 90 jaar oud en ter viering beplan die gemeente ‘n unieke uitvoering vir Sondag, 22 Oktober. Dié musiekinstrument is in Duitsland aangekoop en deur die familie van wyle G.C. Schoeman aan die gemeente geskenk. Na afloop van die erediens, sal ‘n ‘musikale tee’ bedien word. Smullekker …

Die NG Moedergemeente in Kantoorstraat se orrel is vanjaar 90 jaar oud en ter viering beplan die gemeente ‘n unieke uitvoering vir Sondag, 22 Oktober. Dié musiekinstrument is in Duitsland aangekoop en deur die familie van wyle G.C. Schoeman aan die gemeente geskenk. Na afloop van die erediens, sal ‘n ‘musikale tee’ bedien word. Smullekker eetgoed gaan voorsien word wat dadelik geniet of huis toe geneem kan word. Die orreluitvoering sal om 11:00 net na die erediens begin. Vyf orreliste, Elize Ballack, Suzaan Bronkhorst, Stefan Steyn, Slabbert Brummer en Theo van Wyk sal hul musikale kreatiwiteit en vermoëns inspan om die orrelpype te laat sing. Dit beloof om ‘n heerlike geleentheid te wees, moet dit dus nie misloop nie. Vir meer inligting en om getalle te bevestig, skakel die kerkkantoor op Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 12:00 by 013-235-3101.
