Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Lindie Strydom

9 Februarie die maandelikse vrouekuier by die NG Suid-gemeente bygewoon het, het voedsel vir hul siele ontvang toe skrywer en motiveringspreker, Lindie Strydom aan die woord gekom het.

Strydom het bekendheid verwerf met haar rol in Egoli as Stephen Edwards se meisie. Later het sy ook as heelbrein-praktisyn, aanbieder van DKNT Gospel en Geloof, Hoop en Liefde, en organiseerder van Groot FM 90.5 se gemeenskapsprojekte, haar kleim afgesteek.

Haar praatjie met die tema “Voel jy soms nutteloos?” het ‘n inspirerende gedagte vir elkeen wat aanwesig was, gehad.

Evas van die dorp word genooi om hierdie maandelikse kuiers wat ‘n spreker en ete insluit, by te woon. Die volgende een is op 27 Maart met die tema “Het jy al jou kop vir die Here gegee?”

Kaartjies is teen R100 by die NG Suid-kantoor beskikbaar. Skakel 013-235-3329 soggens vir navrae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button