GalleriesLocal newsNewsSports galleries

Ratels stuur Belfast hande in die hare terug huistoe

Die Ratels en die manne van Belfast het Saterdag koppe gestamp, maar op die ou einde was die Ratels sterk genoeg om 'n wen in die sakkie te kry

Die Ratels het Saterdag in ‘n tuiswedstryd harde bene gekou teen die manne van Belfast.
Belfast het eerste punte aangeteken, voortdurend druk op die Ratels geplaas en in hul halfgebied geboer.

Hoewel die Belfastspelers effe kleiner van bou as die Ratelmanne is en dit hulle in die skrums benadeel het, het hulle spoed daarvoor vergoed.

Hulle het wel twee maal deur die Ratels se verdediging geglip en teen rustyd met 10-7 voor te loop, maar dit was nie genoeg om ‘n wen te verseker nie.

Die Ratels het in die tweede helfte met nuwe krag op die veld gekom, en die telling spoedig begin verander. Hulle het binne vyf minute twee drieë aangeteken en uiteindelik die wedstryd deurgetrek met ‘n oorwinning van 36-10.
Volgens toeskouers langs die veld was fiksheid van kardinale belang in die wedstryd.

“Ons span het Saterdag ‘n klipharde wedstryd teen Belfast op die Ohrigstad-stadion gespeel. Die eerste helfte het Belfast voorgeloop en het hulle die wind van agter in hulle guns gebruik. In die tweede helfte het die wind weer in die Ratels se guns getel. Met beplande bewegings en strukture het die Ratels die tweede helfte gedomineer,” sê Ratelsafrigter, Wayne Dietrich.

Drieë is deur Marko Mare (2), Rudi Raath, Master Ngqumengqe, Sakkie Mbangi en Ulrich Deetlefs gedruk. Drie van die drieë is verdoel deur Master Qebengana.
Die speler van die wedstryd was Janus Weber.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button