Brandblusser knoop vrou se tong
In 'n tyd soos hierdie is dit belangrik om ook 'n bietjie te lag, en Monica Hanekom weet presies hoe om dit te doen.
Ons almal se tonge knoop die een of ander tyd, maar toe dit met Monica Hanekom gebeur het, het haar vriendin ongelukkig gereed gestaan met ‘n kamera.
Hierdie bekende video het intussen landswyd versprei op YouTube. In die video kan mens sien die opdrag blyk eenvoudig te wees: Janine Wolmarans het vir Monica gevra wat die Engelse woord vir brandblusser is.
Lees ook meer hier: Daar was weer tot laatnag saam gekuier by die bekende Plaashuis, saam met bekende mense
Niemand sou kon voorspel dat haar tong só sal knoop, dat die woorde “fire extinguisher” byna onmoontlik sou wees om te sê nie. Na baie gelag en weer en wéér probeer, kon sy steeds nie die woorde uitspreek nie.
Steelburger/Lydenburg Nuus se joernaliste het Afrikaansprekende mense genader en gevra om dié woord gou vir hulle te vertaal.
Die resultate was skreeusnaaks, en net vier uit ‘n hele 20 van die wat genader is, kon die woord korrek vertaal en uitspreek.
Lees ook gerus hierdie artikel: Tussen Sterre blaas die Plaashuis se dak af
Volksvreemde woorde was ook tydens dié uitdaging teëgekom, en meeste van dié sal egter nooit die HAT haal nie.
‘n Mens kan dus nie vir Monica blameer oor die blaps nie. Daar is immers vasgestel dat dié Engelse woorde so waar as vet ‘n lelike tongknoper kan wees.
